Versveiling resultate

Die Limousin Genootskap in samewerking met Henbase Limousins het ʼn Elite Versveiling te Lekoa Lodge gehou op 30 September 2011.

Die behoefte vir so ʼn veiling was om fondse te in vir die bemarking van ons ras .En wil ons almal wat die geleentheid ondersteun het bedank en ander telers nooi om deel te neem en dit te ondersteun want dit is vir ons almal tot voordeel . Daar word van die beste van die beste se verse aangebied op die veiling en beoog  ons dit om  weer volgende jaar dit  aan te bied op 28 September 2011.

Daar was 23 verse ingeskryf oop en dragtig slegs 1 nie verkoop nie die res vir ʼn gemiddeld van R16818.00 verkoop.

Ons  Joernaal agter blad , binne agter blad , binne voorblad asook ons Kalender vir 2012 is tydens die spog geleentheid opgeveil.

Mnr. Lourens Bibby het die veiling namens die Limousin Genootskap gehou.

Comments are closed.