Limousin Expo 2010

Die Limousin Beestelersgenootskap van SA het aan Bekker landbouskool te Magaliesburg ‘n aantal stoetverse en ‘n bul geskenk vir die opleiding van ons land se opkomende en jong vleisbeesboere.

Ons het _ Ekspo aangebied by die skool vanaf 9 – 11 September 2010. Die Ekspo het bestaan uit _ beginners keuringskursus,’n uitstalling van Limousindiere, karkas ontledings en ‘n bloktoets in samewerking met Pick & Pay en SAMIC. Daar was ook _ tenderveiling op stoet Limousindiere aangebied.

Aangesien ons land se abattoirs en vleisverspreiders meer neig na ontbeende vleis (volgens die mark se behoeftes) staan die Limousin voor wat uitslagpersentasie en vleis:been-verhouding betref. Dié ontledings het die besoekers sowel as telers verras met die besonderse uitslagpersentasie en vleis:been verhouding van die Limousin-kruis tipe kalwers!

Twee kalwers is geslag en ontbeen: gemiddelde liggaamsmassa lewendig van 481 kg en koue karkasmassa van 300.25 kg. Dit gee _ uitslagpersentasie van 62.42 % – voorwaar ‘n uitsonderlike resultaat wat nie met enige ander ras maklik behaal kan word in kruisteling nie! Die bloktoets het almal ook weer herinner daaraan dat Limousin bekend is as die Karkasras, want net 17.5 % was been en vet en 82.5 % was verkoopbare vleis!

Die Limousin is bekend vir sy laë geboortemassa met kalwing, uitstekende groei, beste bouvorm en hoë uitslagpersentasie; daarom kan u met vrymoedigheid in die Karkas Ras belê.

Limousin is _ moet vir enige kruisteelprogram, want ‘sy agterkant hou jou aan die voorkant!’.

Vir enige navrae kan u ons webwerf besoek by www.limousinsa.co.za of ons kantoor skakel by (051) 444 5082 of 082 333 7973.

Limousin-groete

Paul van Biljon

Tags:

Comments are closed.