KORREKTE AANTEKENING
AKKURATE AANTEKENING = AKKURATE GTW’S
Wat behoort Limousintelers omtrent aantekening te weet?
Wat is bestuursgroepe?
‘n Bestuursgroep is ‘n groep diere wat dieselfde behandeling ontvang het. Die diere kan vooraf beplande behandeling ontvang nl kalwers wat kruipvoeding ontvang vs kalwers wat nie kruipvoeding kry nie. Elke bestuursgroep moet slegs diere insluit wat dieselfde behandeling gekry het en alle afwykende omstandighede nl skoubeeste moet weer geskei word.
Waarom bestuursgroepe?
Dit is slegs diere wat dieselfde behandeling gekry het wat ingevolge BreedPlan direk met mekaar vergelyk kan word. Bestuursgroepe verhoed onjuiste afleidings wat meer akkurate GTW’s tot gevolg het.
Hoeveel bestuursgroepe moet ek hê?
Alle groepe wat verskillende behandeling gekry het moet in aparte bestuursgroepe wees. Wees egter versigtig om nie onnodige groepe te vorm nie. Hoe meer diere in een groep is hoe meer vergelykings kan in die GTW-berekenings gemaak word ∴ meer akkuraatheid. Hou groepe dus so groot moontlik!
Waarom moet ek ‘n vasgestelde teelseisoen hê?
‘n Vasgestelde kalfseisoen verminder die aantal bestuursgroepe wat op kalfouderdom gebaseer is ∴daar sal meer kalwers in elke groep wees.
Hoe bewerkstellig ek stamboomkoppeling in my bestuursgroepe?
Dit is baie belangrik dat twee of meer vaars in elke bestuursgroep verteenwoordig word. Hoe meer vaars verteenwoordig word hoe beter. Bulle uit verskillende omgewings kan met mekaar vergelyk word en dit is baie belangrik vir die berekening van doeltreffende GTW’s. Dit is ook belangrik om veelvuldige KI bulle in u KI program te gebruik om die stamboomkoppelings te bewerkstellig wat insgelyks voordelig is om vergelykings oor omgewings heen te tref en vir GTW akkuraatheid.
Moet kalwers volgens geslag geskei word?
Ja, dit moet u doen. Diere van dieselfde geslag moet op dieselfde dag geweeg word.
Kan ek verskillende groepe op verskillende dae weeg?
Ja, maar verseker dat alle diere in dieselfde bestuursgroep op dieselfde dag geweeg word en dat u binne die datumgrense bly!
Wat is BreedPlan se grense waarbinne gewigte geneem moet word?
Geboortegewig: binne 24 uur
Speengewig: 80 – 300 dae
Jaargewig: 301 – 500 dae
Finale gewig: 501 – 900 dae
